W  E  L  K  O  M  

R E P L i K A . . .  'n Gemeente in Standerton wat die hele gemeenskap na die beste van ons vermoë wil dien en mense wil ondersteun om "voluit volgers" van die Here Jesus Christus te word!

 

"Hoe beter jy Hom leer ken,hoe meer word jy soos Hy. Só kom julle al hoe nader aan die doel waarvoor God julle gemaak het. God het ons gemaak om almal soos Christus te wees."  Kol 3:10 (Bdsp)

 

Kom deel in die Avontuur!!!


 

 SONDAE WOORD BEDIENING


Hier is 'n hele paar opsies:

Ons sien sommer baie daarna uit om 'n opbouende tyd saam met jou rondom die Woord van die Here te spandeer... 


  • In-Persoon Samekomste: Elke Sondag in Standerton Teatro om 9h15 vir 9h30. Kom voor die tyd en kry 'n heerlike beker filter-koffie voordat jy gaan sit en rustig raak. 


  • In-persoon byeenkomste in REPLiKA Saal vanaf 9h30.
  • Hulle kom vooraf op die Teatro 'stoep' bymekaar totdat hul Samekoms begin.

 




  • Aanlyn:  Ons Woordbediening word direk via YouTube gestroom. Vind hierdie skakel ook op YouTube onder "REPLiKA Standerton".


Na die Samekoms word die Woord-gedeelte van ons samekoms op verskeie Sosiale Platforms beskikbaar gestel.

Gaan loer gerus op ons...

  • REPLiKA App: Beskikbaar via Google Playstore & Apple iStore)
  • YouTube:    Vind hierdie skakel ook op YouTube onder "REPLiKA Standerton".
  • Facebook: Vind ons onder "REPLiKA Gemeente Standerton"

       (Agv kopiereg-uitdagings word ons lof- en aanbidding ongelukkig nie gestroom nie.)




 

 

AANLYN OPSIES

► Skakel in op ons YouTube kanaal-DIREKTE UITSENDING/OF enige tyd daarna: - REPLiKA Standerton OF kliek links bo by:

   "YouTube PREEK OPNAMES"- Wat gewoonlik teen Maandae middae opgelaai is.

► Kyk na die Preek-opname via "Facebook" op REPLiKA Gemeente se Facebook Blad.

► Beide die Video- en Klankopname sal ook op die REPLiKA App beskikbaar wees. 

Ons gaan poog om al hierdie bostaande opsies na die beste van ons vermoë tot jou beskikking te stel.

Mag dit bydrae tot kosbare ontmoetingstye met die Here!

 

REPLiKA SELFOON APP

Sondae se Boodskappe kan ook via ons Gemeente App geluister word.

Laai die App af via jou Slimfoon se App Store.

Android

Apple

Volg die 'Preke'-skakel onderaan jou skerm.

Vir selfs beter interaksie is selfs die Preeknotas daar beskikbaar!

 



"Moenie vir een enkele oomblik verslap in julle diens aan die Here nie. Nee, laat die Gees julle met sy krag aan die brand steek sodat julle voluit vir God kan leef. Dien die Here met groot oorgawe." 

Rom 12:11 (Bdsp)

     

"Juis hiervoor is julle ook geroep... sodat julle in Sy voetspore kan volg."   

1 Pet 2:21

  

 Rapporteer gerus enige voorstelle op verbeterings by admin@replika.co.za

 

 

079245