Is vir r12 jóú?

Die antwoord is verseker “Ja!” ...

  • as jy geestelik stagneer het;
  • as jy is moeg vir jou huidige geestelike standaard;
  • as jy wens jy kon weet wat die Here van jou verwag;
  • as jy smag om vry te kom van sonde wat jou bly pootjie;
  • as jy begeer om geestelik vorentoe te beweeg;
  • as jy 'n behoefte het aan 'n duidelike roetekaart tot geestelike volwassenheid
  • as jy ander mense meer effektief wil help om Jesus te volg.

En ontspan, dit beteken NIE jy moet...

  • meer godsdienstig word,
  • reëls beter nakom,
  • meer dinge vir die Here doen, beter presteer
  • jouself probeer verbeter, of
  • formules vir geestelike sukses probeer toepas nie!

Inteendeel, dit jou wil help om vyf van die belangrikste vrae rakende jóú geestelike lewe en spiritualiteit te beantwoord:

  • Hoe om die bose se aanslae teen jou lewe te oorwin...
  • Hoe om aan die Here te gee wat Hy die graagste wil hê;
  • Hoe om die allerbeste van die Here te ontvang;
  • Hoe om vrede te maak met die ware jy;
  • Hoe om egte vriendskappe te beleef;
  • Hoe om die bose se aanslae teen jou lewe te oorwin...
  • Hoe om aan die Here te gee wat Hy die graagste wil hê;

Wat maak hierdie Veldtog so besonders...

Dit bied jou die Bybelse profiel van 'n dissipel en die beproefde roete om elke dag meer en meer soos Jesus te word. Hierdie geestelike roete is...

Bybels-gefundeerd

Dis 'n vers vir vers ontdekking van Romeine 12: die profiel beskrywing van 'n model volgelinge van Christus Jesus!

Verhoudings-georiënteerd

Bybelse spiritualiteit word bereik deur te groei in vyf verhoudings-areas; nie deur reëls en regulasies te onderhou nie!

Genade-gebasseerd

'n Romeine 12 dissipel groei vanuit 'n begrip van Romeine 1-11 wat leer dat spiritualiteit nie oor menslike pogings, prestasies en werke gaan nie!

Geloof-gefokus

Ware spiritualiteit word nie bereik deur harder te probeer nie, maar deur te leer om op die Here te vertrou;

Prakties

Dissipelskap voorsien die "hoe" van geestelike groei; nie bloot die ideaal nie!

Meetbaar

Romeine 12 voorsien spesifieke maatstawwe om jou te help om jou geestelike vordering voortdurend te monitor.

Meer oor die Veldtog...

Die veldtog skop af op Sondag, 30 Januarie en behels verskeie aspekte tydens die veldtog soos:

Kom saam op die avontuur! Dit begin by jou ...