W E E S R E R I G R Y K (24 Mei - 24 Jun 2009)


In vandag se lewe streef die meeste mense na méér... ’n beter werk, ’n groter huis, ’n mooier motor, en die lys gaan aan... Maar met huidige ekonomiese toestande raak dit al moeiliker om daarby uit te kom.

Hierdie veldtog het nuwe perspektief en hoop gebring!


Ons het ontdek dat daar soveel meer is tot hierdie lewe, as om ywerig en eindeloos die versoekings van die spreekwoordelike geelwortel na te jaag.

H O E R Y K I S J Y ?

Tydens hierdie veldtog het mense ontdek hoe ryk hulle rêrig is...!

Nie seker hoe ryk JY wel tans is nie... besoek gerus die volgende skakel: www.globalrichlist.com

W A T B E S P R E E K I S :

Sessie 1: Goeie Nuus, Slegte Nuus (24 Mei '09)
Sessie 2: Die Lokaas van Rykdom (31 Mei '09)
Sessie 3: Hoekom Het ek wat ek Het (07 Jun '09)
Sessie 4: Hoe om Ryk te Wees (14 Jun '09)
Sessie 5: Ryk in Goeie Dade (21 Jun '09)

Sondagoggende se Preke is vergesel met materiaal wat in kleiner groepe deur die week in Omgeegroepe bespreek is.

"Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet. Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle ’n skat as ’n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry." 1 Tim 6:17-19