D I E "E E N M A A N D" U I T D A G I N G . . .

Aangebied vanaf Sondag, 19 Okt 2008 tot Sondag, 23 Nov 2008

Ons praat nie graag oor die dood nie. Ons vermy liefs die onderwerp. En tog is dit onafwendbaar! Dit lê vir elkeen van ons voor! Die eintlike probleem is nie óf ons sal doodgaan nie, maar eerder: wanneer?! Tot 'n groot mate het mense, wat "tyding" ontvang dat hulle nie meer lank het om te leef nie, darm die voordeel dat hulle hul lewe in orde kan kry.

Hoe sou jy jou lewe inrig as jy die tyding kry dat jy slegs een maand oor het om te lewe? Wat sou jy doen as jy weet jou dae is getel?

Hier's die positiewe nuus: Jy's eintlik eers reg om lewe, as jy reg is om te sterwe! Tydens hierdie laaste kwartaal van 2008 het ons mekaar uitgedaag om gereed te begin lewe - want dan leef ons eers regtig!

Hierdie was 'n unieke ses-weke veldtog in ons Gemeente. Kom luister tydens die FEESDIENS na die Getuienisse!!!
Ons was die eerste Gemeente in Suid-Afrika om dit aan te bied. So, kom maak geskiedenis!

Die Fokus:

Hierdie Veldtog is vir mense wat ernstig is oor die lewe... nie net nóú nie, maar ook die lewe wat ná die dood op elkeen wag.
By REPLiKA wil ons elkeen help om met vrymoedigheid elke dag voluit te kan leef... asof dit jou laaste dag is!
Die Getuienisse wat spruit vanuit mense se belewenisse, het die veldtog verseker in daardie doel geslaag!!!

Wat het dit behels ...

30 Dae - 30 Dagstukkies









Elkeen het die boek "One Month to Live" deur Kerry & Chris Shook, absoluut gratis en verniet ontvant, wat hulself tot hierdie 30-dae Uitdaging verbind het.
Die boek bestaan uit 30 Dagstukkies en het as die agtergrond vir hierdie Veldtog gedien.

6 Sondae - 6 Preke





Sondae is hierdie Uitdaging vanuit die Woord ontrafel. Elke preek het oor die onderwerp waarop ons die res van die week sou fokus, gehandel.


6 Weke - 6 Uitdaag-groepe





Ses Uitdaag-groep-byeenkomste met 'n DVD en Kleingroep Studie-materiaal het weekliks die praktiese implikasies bespreek en saam gegroei.


1 Fokus

Kerry Shook, skrywer van die boek daag ons uit...




...wees gereed... om te lewe!!!


Die Reeks het behels...

19 Okt – Living the Dash

26 Okt – Live Passionately

02 Nov – Love Completely

09 Nov – Learn Humbly

16 Nov – Leave Boldly

23 Nov – Living with No Regrets

Die Groepe

Vooraf Registrasie was nodig. Mense kon hier Registreer wat bereid was om hulle vir hierdie One Month Challenge te verbind...

Meer oor die Skrywers:

Kerry Shook is een van die mees begaafde sprekers van ons tyd, met ’n duidelike, hedendaagse en kreatiewe kommunikasie-styl. Hy is die Senior Leraar van Fellowship of The Woodlands, een van die vinnigste groeiende Gemeentes tans in Amerika.

Saam met sy vrou, Chris, het hulle Fellowship of The Woodlands-Gemeente in 1993 in Houston, Texas, begin met ’n huidige gemiddelde bywoning van 16,380 mense oor naweke.

Chris is die Direkteur van Sending en Damesbedieninge by hul Gemeente. Haar sendingwerk het reeds derduisende minderbevoorregte mense in hul omgewing, en reg oor die wêreld bevoordeel. Haar Damesbediening is een van die grootste in Amerika en bied ondersteuning, toerusting en Bybelstudie-geleenthede aan honderde vroue op ’n weeklikse basis.

Kerry se bediening word tans wêreldwyd via satelliet gebeeldsend en kan deur miljoene mense in 50 state en meer as 200 lande gesien word.

Kerry en Chris se eerste boek en tans ’n New York Times Top Verkoper, “One Month to Live, Thirty Days to a No-Regrets Life” is in Februarie 2008 vrygestel. Hierdie boek moedig lesers aan om oor hul eie mortaliteit te herbesin, en hierdie lewe ten volle te leef.

Die Shook-egpaar is reeds vir bykans vyf-en-twintig jaar getroud en het vier kinders.

Wat Ander Leiers Sê...

Rick Warren
Stigter & Senior Leraar, Saddleback Gemeente
Outeur: Internasionale Topverkoper, "Die Doelgerigte Lewe"

“The fear of death paralyzes most people, preventing them from taking the risks necessary to fulfill God’s plan for their lives. Kerry and Chris Shook want you to grasp an amazing insight: Embracing your mortality sets you free to live a meaningful and significant life without regret. Like Queen Esther, God put each of us in the world ‘for such a time as this.’ One Month to Live is a great way to discover the purposeful, joyful, abundant life God created you to enjoy.”

Joel Osteen
Senior Leraar van Lakewood Gemeente, grootste gemeente in die VSA.
Topverkoper Outeur: "Jou Beste Lewe NOU"

“Kerry Shook is a friend, devoted father, supportive husband and inspiring pastor. As one of today’s most gifted communicators, Kerry’s unique and creative style enables him to take the most complex issues and make them practical and relevant to daily living. He has a genuine love for people that is contagious. His ministry is changing the lives of individuals and families here in Houston and transforming communities all across the nation.”

Lee Strobel
Outeur: "The Case for the Real Jesus"


"If you want new urgency, fresh purpose, and a sharper focus for your life, then this book is for you. Read it and your future may be changed forever!"

Bill Hybels
Stigter & Senior Leraar, Willowcreek Gemeente
Topverkoper Outeur, "Te Besig om Nie te Bid nie"

“Kerry and Chris Shook are world-class leaders whose lives and ministry have impacted untold numbers of people, including me. Regardless of where you are on your spiritual journey, One Month to Live will challenge you to passionately live the life you were made for and leave an eternal legacy.”

Ed Young
Stigter en Senior Leraar, Fellowship Church
Outeur: "Outrageous, Contagious Joy"

"Through the ups and downs, routines and regimens of our daily existence, we can become complacent, even bored, with life. But God never meant for life to be boring. And in One Month to Live, Kerry and Chris Shook remind us of the true depth and meaning that God has in store for each of our lives. No matter where you are in your walk with God, this book will reveal to you a fresh and much-needed perspective. And at the end of this thirty-day journey, you will discover exactly what it means to truly live - daily... creatively... passionately!"

Craig Groeschel
Stigter en Senior Leraar van Lifechurch.tv
Outeur "Confessions of a Pastor"

"Too many people live with regrets, missed opportunities, and dormant dreams. You don't have to be one of them. Your life will be different if you apply the transformational principles in Kerry and Chris Shook's One Month to Live."