F I R E P R O O F : L E W E V U U R V A S

In ELKE lewe kom daar 'n storm...

Met hierdie Veldtog is mense uitgedaag om nie verbaas of verras te word deur vure, vloede en storms wat dikwels sy kop in jou lewe kan uitsteek nie. Die uitdaging is immers nie om die storms vry te spring nie, maar om staande te kan bly wanneer dit plaasvind, en oorwinnend en sterker anderkant te kan uitkom.

Met die Fireproof-veldtog is individue (en veral ook getroude pare) uitgedaag om vir ongeveer ses weke saam aan 'n brandplan te werk om vuurvas en oorwinnend te kan lewe...

Die Veldtog het met 'n lekker ontspanne "Pop Corn & Fliek-aand" op Woensdagaand, 12 Aug '09 by Laerskool Standerton se Skoolsaal afskop, waartydens ons na die film FIREPROOF gekyk het. Ons dorp se brandweer en brandweer-manne was daar en het bygedra tot die spesiale boodskap wat reeds met die film tuisgebring is.

LEES MEER

Ons missie met hierdie Veldtog was: dat elke lewe die vure wat oor 'n mens se pad kom, kan hanteer... maar ook sterker en beter anderkant kan uitkom!

Diegene wat die "Waag Dit" uitdaging ernstig opgeneem het, kan nie glo oor die nuwe diepte en intimiteit wat hulle in hul lewens met die Here ervaar nie!