D I T  IS  V O L B R I N G

Sondag 04 Feb - 25 Mrt 2018


Al ooit gewonder of jy genoeg gedoen het om die guns van God te verdien?

Al ooit gefrons as die Evangelie as “goeie nuus” beskryf word – en gewonder wat daarvan nou eintlik góéd is?

Die dag toe Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy gesê: “Dit is volbring!” Jesus se oorwinning aan die kruis was volkome ...en Sy volgelinge deel in daardie oorwinning!!! Dit was nooit die bedoeling dat ons Christelike lewe ʼn eindelose spel van ‘Slangetjies en Leertjies’ moes wees waar jy ʼn entjie vorder en dan maar weer teruggly nie! Ons BEGINPUNT is juis hierdie oorwinnende verklaring wat Jesus gemaak het net voordat Hy sy laaste asem uitgeblaas het: “Dit IS Volbring!”

Tog is daar baie “goeie” Christen-mense wat steeds glo dat hulle vir hul eie verlossing verantwoordelik is. Die “Goeie Nuus” was nooit oor wat ons vir God moes DOEN nie, maar wat God vir ons GEDOEN het.

Die “DIT IS VOLBRING!”-veldtog het ons op ʼn ontdekkingsreis van die volle implikasie van die kruisiging en opstanding van Jesus Christus geneem, en ons Sy boodskap van onverdiende guns en genade laat herontdek. Dis die fenomenale nuus van die Evangelie – en JY is daarby ingesluit!


Hier’s wat ons beleef het:

  • 8 x Sondae preke vanaf 4 Feb 2018
  • 8x Kleingroep byeenkomste
  • Wonderlike materiaal en leesstof beskikbaar!

Het JY al JOU status in Christus ontdek?