40 dae van EENskap


Is jy gereed vir 40 Dae van EENskap?


Hierdie Geestelike groei-veldtog gaan ons almal se lewens verander omdat ons almal saam in lyn beweeg, van kinders, jongmense tot volwassenes, saam gefokus op Geestelike verdieping vir onsself en ons Gemeente.  Kleingroepe vergader een maal per week saam vir ses weke, waar ons gefokus sal wees om ons verhoudinge met mekaar te verdiep en die gemeenskap te dien.


In hierdie veldtog gaan ons die vraag beantwoord – “Wat op aarde doen ONS hier?” Ons gaan ook kyk hoe God se Doel resoneer met ons Gemeente en die plaaslike gemeenskap.

Om die beste uit hierdie veldtog te kry, sal jy verkieslik by ‘n kleingroep moet  inskakel!

Ons vra dat elkeen sal deelneem as volg:

1. Sluit aan of stel jou huis vir 6 weke beskikbaar vir ‘n 40 Dae weeklikse Kleingroep.

2. Woon die samekomste op Sondae by en verbind jouself om nie een van die 7 weke van die Veldtog te mis nie.

3. Kleingroep-deelnemers ontvang elk 'n werkboek. Lees jou 40 Dagstukkies, gebaseer op 40 “mekaar-opdragte” uit die Bybel. Hierdie kort dagstukkies sal aansluit by elke Sondag se preek en die onderwerp wat jy weekliks in jou Kleingroep gaan bestudeer.

4. Elke week is daar EEN Bybelvers wat ons as Gemeente saam gaan memoriseer.

5. Ons gaan ook ‘n gemeenskaps projek aanpak. Meer info hieroor volg later!


Ons skedule is soos volg:


Mei 2018

Week 1:  Dit wat die meeste saakmaak

Week 2:  Ons reik saam uit

Week 3:  Ons hoort saam

Week 4:  Ons groei saam


Junie 2018

Week 5:   Ons dien saam

Week 6:   Ons aanbid saam

Week 7:   Feesviering



KLEINGROEP REGISTRASIE