Y S T E R . . .

 Hierdie bediening behels ’n unieke mentorskap program spesifiek gemik op Hoërskool seuns.

 

Seuns ervaar dissipelskap terwyl hulle ook geleer word van jag, wapenhantering, enjins, motorfiets, quads, kosmaak, braai, oorleef, etiket, kleredrag, dating, seks, beroepe, visvang, sport... en om die Here voluit as Man te dien.
 


Visie:

Die visie is om toe te sien dat elke seun in die Gemeente ontwikkel as ’n Yster in die Hand van die Here: iemand wat as ’n Man van God sy plek in hierdie wêreld met vrymoedigheid kan volstaan, maar terselfdertyd vir die Here kan uitstaan!



1 Kor 16:13"Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk." (OV)