S A T Y N . . .

 


Hierdie bediening behels ’n unieke mentorskap program spesifiek gemik op Hoërskool meisies. 


Meisies ervaar dissipelskap terwyl hulle ook geleer word van modes, scrap booking, grimering, haar & velversorging, etiket, kleredrag, dating, seks, beroepe... en om die Here voluit as Dame te dien. 


Visie: Die visie is om toe te sien dat elke meisie in die Gemeente ontwikkel as ’n waardevolle stukkie Satyn in die Hand van die Here: ’n meisie wat haar plek in hierdie wêreld met vrymoedigheid kan volstaan, maar terselfdertyd vir die Here kan uitstaan!