DiE DAG

Saterdag, 09 APRIL (nie meer 02 Apr soos aanvanklik beplan!), nooi ons jou uit om by 06h30 (dis die oggend) by ons aan te sluit op plaas Erdzak (Plaas van Nicky vd Linde), vir ‘n duif-skiet kompetisie.

Indien jy nie ‘n geweer besit nie, is jy steeds welkom, die manne met gewere sal jou kans gee om saam te skiet! 

Daar is GEEN KOSTES nie, en daar sal ook MIDDAGETE voorsien word.

Jy is ook welkom om jou seun saam te bring, daar gaan later kleiduiwe geskiet word!

Daar sal ook pryse wees vir die 3 manne wat die meeste duiwe geskiet het!


Wat jy wel moet saambring:

•             Eie stoel

•             Eie drinkgoed

•             Hoed of sonbrandroom

Indien jy wel jou eie geweer saambring, NEEM KENNIS: Ons gaan slegs nr 7 & nr 8 patrone toelaat!

REGiSTREER HiER