Personeel.

Ons Dissipellandspan... 

 

 

 

Stefnie Griffin

 Stefnie is al vir jare deel van die DissipelLand span, en elke ouer wat ‘n tiener het wat as peuter in die Gemeente grootgeword het, sal vir jou vertel van hierdie baie besondere tannie Stefnie!  Sy is aan die hoof van die Peuter Klassie (ouderdom 4-6jr), en het daardie spesiale “touch” as dit kom by Peuters.  

Gebedsvennoot: Marlene Pretorius

 

 

 

Courtney Henri

Courtney is een van ons jonger personeellede by DissipelLand. Sy het net daardie sagte benadering wat haar bediening by die Graad 1 klas so spesiaal maak. Dit is haar 3de jaar wat sy betrokke is by DissipelLand, en sy is baie toegewyd tot haar klassie. Die gr 1 klassie behandel dieselfde materiaal as die peuters, en daarom wissel Courtney en tannie Stef mekaar ook soms af as die een nie beskikbaar is nie.

Gebedsvennoot:  

 

 

Madelé Rossouw

Madelé kom deel haar ervaring as Ma met ons Graad 2-3 klas. Sy het twee pragtige tienerseuns, en kom bedien vanuit haar unieke benadering ons Gr 2-3 klassie, wat ons laerskool materiaal deurwerk. Madelé is die een by wie jy altyd ’n glimlag kry. Sy het ’n wonderlike liefde vir Jesus en dis haar hartsbegeerte om daardie lewende verhouding met Jesus, te laat oorspoel na haar klas.

Gebedsvennoot: Moreen Nortjé

 

 

 

Donovan Henri

Donovan is in beheer van ons Graad 4-5 klas, en hy is die “Oom” van DissipelLand. Donovan het 4 pragtige dogters, en sy liefde vir kinders wys baie duidelik vanuit sy toewyding en voorbereiding. Donovan het self baie ervaring as dit kom by die bediening van kinders, en was vir ’n paar jaar voltyds in ons Kinderbediening betrokke.

Gebedsvennoot: Francois du Plessis

 

 

 

Quintin Martin

Quintin, of “Quinna”, soos almal hom ken, is die een wat die “cool” in DissipelLand sit!  Met sy energie en passie vir Jesus, behartig Quinna hoofsaaklik DissipelLand se gesamentlike Opening, waar hy opregte “worship” en “fellowship” weekliks doelgerig beplan. Quinna staan ook in om uit te help by die Gr 2-3’s, of die Gr 4-5’s, sou een van hul personeel nie beskikbaar wees nie.

Gebedsvennoot: Watson Barnard

 

 

  

Die “Bouncing-Betty” span.

Hierdie spesiale ondersteuning-span bestaan uit van ons Gemeente se Graad 11 tieners: Danél du Plessis, Janelise Pieterse en Johanita Kruidenier. Al drie het in die Gemeente grootgeword en is self produkte van DissipelLand. Toe hulle na ROCK (ons tienerbediening) oorbeweeg het, het hulle geroepe gevoel om steeds by DissipelLand se bedieningspan betrokke te bly. Derhalwe help hulle vir Quinna tydens die Lof- en Aanbiddingstyd met relevante bewegings en energieke aksies. Tydens die klasse pas hulle die twee- tot driejarige outjies op sodat Mammas en Pappas die Erediens kan bywoon sonder dat Junior hulle aandag aftrek.  

 

Janelise Pieterse 

Gebedsvennoot: Liana Viviers

 

 

 

 

 

 

 

Danél du Plessis 

Gebedsvennoot:  ? 

 

 

 

 

 

 

 

Johanita Kruidenier: 

Foto nog oppad 

Johanita se Gebedsvennoot:  __________

 

 

Ds Ricus van der Hoven 

Ds Ricus is verantwoordelik vir die algehele bestuur van Dissipelland. Hy maak seker dat elke les wat by DissipelLand aangebied word, bydra tot ons kinders se kennis en begrip van die Bybel. Saam met ‘n helper of twee is hy verantwoordelik vir die vertaling en verwerking van al ons DissipelLand materiaal. Daarby koördineer hy die Personeel, asook aktiwiteite wat ons by DissipelLand aanbied soos kampe of spesiale uitreike.

Gebedsvennoot:   ________