Dis al weer tyd vir DissipelLand om te kamp!!!!

Wow! Awesome! Cool! Sweet! Nice! Lekkkkkkker! Yeaahhh!
DissipelLand gaan weer kamp!

Ouers, hierdie jaar se DissipelLand Kamp gaan die beste ene ooit wees! Jou kinders kan dit eenvoudig nie mis nie! Die jaar gaan ons by JC Seals Adventure Camp in Vereeniging die naweek deurbring. Die kamp word gefasiliteerd deur ‘n ervare Christen span wat ‘n klomp opwindende aktiwiteite met die kinders gaan doen. Daar is ‘n heerlike swembad, hindernis baan, lapa, braaiarea en rivierpark!!

Ons wil op 'n prettige en praktiese wyse jou kind(ers) se verhouding met Jesus Christus versterk en terselfdertyd, ‘n aksie belaaide, uitdagende kinderkamp aanbied wat hulle nooit sal vergeet nie!

DATUM?

4-6 November 2011 (nog nie eksamen tyd nie!)• Vertrek vanaf Kerksaal om 15:00 Vrydag• Arriveer Sondag laat middag ...

WIE MAG SAAM GAAN?

Kinders vanaf Graad 1 tot Graad 7

Ouers moet oordeel gebruik om kleiner kinders so ver van die huis af te stuur!

Onthou, jy sal moet ry as hulle nou vir mamma of pappa soek (gewoonlik as dit reeds donker is!)

HOEVEEL PLEK IS DAAR?

Daar is slegs plek vir 60 kinders en 5 toesig-houers op die bus wat bespreek is! Indien daar meer as 60 kinders saam wil gaan, sal ons ouers vra om kinders heen en weer te vervoer ...

REGISTRASIE?

DissipelLand kinders sal tot 30 September voorkeur kry om die eerste 60 plekke op die bus op te neem, waarna registrasie oop sal wees vir almal op ‘n “1st come, 1st served” basis. Besoekende kinders kan dan ook registreer as daar steeds plek is. So ouers, registreer jou kind vandag nog ...

DOKUMENTASIE VIR REGISTRASIE?

Om te DissipelLand Kinders te registreer moet ouers asseblief die volgende verskaf voor 30 September 2011:

  • Getekende Registrasie- en Vrywaringsvorms;
  • Afskrif van elke kind se ID boek of geboortesertifikaat;
  • Afskrif van jou mediesefonds kaartjie;
  • R100 deposito per kind!

KOSTES?

  • DisspelLand Kinders - R195.00 per kind
  • Besoekende kinders** - R395.00 per kind

** Besoekers kan eers na 30 September registreer vir die kamp indien daar nog plek beskikbaar is ...

MEDIKASIE/ALLERGIË?

  • Maak seker dat jou die vorms volledig ingevul en geteken is!
  • Maak seker dat ons bewus is van alle mediese probleme!
  • Maak seker dat jou noodkontak persoon beskikbaar is tydens die kamp!
  • Medikasie moet in gemerkte houers met duidelike instruksies gegee word!
  • Gee enige instruksie/medikasie vir Donovan voor die bus vertrek!

WAT OM SAAM TE NEEM?

  • Bybel, Notaboekie & Pen;
  • Flits, Sonroom & Lekker Hoed;
  • Tekkies vir aktiwiteite. (Nie Crocs of plakkies nie, tensy vir om die swembad);
  • Ou klere, Swemklere & handdoek;
  • Warm baadjie vir die aande;
  • Slaapsak & Kussing;
  • Toiletware & Handdoek;
  • Muskiet afweerder;
  • Eie eetgery - Ontbytbak, Bord, Beker, Mes, Vurk & Lepel;
  • Sorg asseblief dat alles gemerk is;
  • Geld vir die JC Seals se snoepie!

VORMS ...

Kliek op die vorms om dit af te laai:

Kamp Inligting Registrasievorm

MEER INLIGTING ...

Kontak vir Donovan op 082 454 1829of (017) 712 2929 vir meer inligting!

Registreer vandag nog! moet dit nie misloop nie!