BYBELPROJEK 2015



Nuus uit Madagaskar

04 Junie 2015


Die afgelope week het die Bybels wat REPLiKA geskenk het in Madagaskar gearriveer. Die leraars hier was ontsettend dankbaar oor julle geskenk.

  


Die Bybels word nou goed gestoor en sal gebruik word soos nuwe kerke geplant word. Dit was insiggewend om te hoor net hoe groot die ware Bybelnood op die eiland is. Ons verwag dat daar nog baie kerke geplant gaan word en dat die Bybels redelik gou sal uitgaan. Ons sal aanvanklik so 5 nuwe Bybels per nuwe kerk gee. Dit sal vir die nuwe studenteleraar en ander leiers beskikbaar gestel word. Dus sal die Bybels hou totdat ons sowat 200 nuwe kerke kon plant. Daar is reeds 30 nuwe kerke in 4 maande geplant en die pas sal nou vinnig toeneem.

Ons sal dit baie waardeer as REPLiKA betrokke sal bly by die Madagaskar projek. Die mense hier het julle beslis nodig.

Weereens dankie vir jou moeite. Dra asb my dank aan die gemeente oor. Ek wens julle was hier om die vreugde te sien.

 Ek sluit 2 fotos in...

 Groete

 Fanie Loots