VROUEKAMP 2015

 

Jy word genooi om die naweek van 14-16 Aug 2015 'n baie spesiale Dames-wegbreek by Woord-in-Aksie saam met dames uit ons Gemeente te kom beleef.   

 

KOSTES:

Vir jou is dit absoluut gratis!  Jip: jy't reg gelees: jou kampkostes word ten volle geborg. Kom net saam!  En as jy iemand wil saambring is jy meer as welkom. Maak asb net seker dat daardie persoon ook so gou moontlik hieronder registreer. 

 

WAT OM SAAM TE BRING 

Daar is netjies kamers, beddens met goeie matrasse, meer as genoeg warm storte en drie puik etes per dag. Selfs die eetgerei word voorsien!  

Jy bring net jou eie  

  • Kussing
  • Enkelbed beddegoed of slaapsak 
  • Badkamergoed
  • Handdoek
  • Gemaklike informele klere & skoene
  • Kontant vir boekwinkel & snoepie
  • Bybel, pen en notaboek

 

PRAKTIESE REELINGS 

Ons beplan om Vrydagmiddag (14 Aug) reeds om 13:00 vanuit Standerton te VERTREK sodat ons die spitsverkeer rondom Pretoria sover moontlik kan vryspring. Vanaf 16:00 vind registrasie plaas met Aandete om 18:00. Daarna skop die kampverrigtinge af.

 

REGISTRASIE:

 

Wie kan jy nog saam nooi?  Maak seker jy registreer ook vir daardie persoon op 'n aparte inskrywing of vra die persoon om ook self hier te registreer!

 

Sien jou by die Kamp!    

 

 

Padkaart in Pdf-formaat
Druk en ry saam - net vir ingeval!
Manne en Vrouekamp Padkaart.pdf (395.08KB)
Padkaart in Pdf-formaat
Druk en ry saam - net vir ingeval!
Manne en Vrouekamp Padkaart.pdf (395.08KB)