C-kamp se koste vir 2014 is R1100 (sluit vervoer, verblyf en kos in). Sakgeld sal baie help, aangesien daar ‘n kafeteria op die kampterrein is.

Datum van kamp: 30 Nov-4 Des (presiese vertrek en arriveer tye sal nog bevestig word, maar neem kennis dat ons gewoonlik vroeg oggend vertrek, en eers rondom 20:00 die aand by die huis arriveer.)

Is daar volwasse toesig? Definitief! Elke jaar is daar ‘n span vrywilligers wat bestaan uit studente en volwassenes wat bydra tot die toesig, organisasie en sukses van die kamp!

Daar is beperkte plek, en deur jou R200 deposito te betaal, verseker jy jou kind se plek. Is die deposito terugbetaalbaar? Ja, tot en met 31 okt. Daarna word die deposito gehou.