Sewe Weke is verby! Wat nou?

Jy het Sewe Weke saam met ons meegemaak in ’n baie besondere groei-geleentheid. Nou is die uitdaging om onsself daartoe te verbind om die Here se vyf doelstellings vir ons lewe voluit uit te leef. As jy van die geheueverse nog nie kon memoriseer nie, kan jy gerus moeite doen om hulle in jou hart te bêre. As daar nog hoofstukke in die Doelgerigte Lewe boek is waarby jy nog nie uitgekom het nie, kan jy dit verseker nog lees. En moenie die boek te ver bêre nie; dit was ’n baie klomp “diep” inligting wat ons eintlik in ’n kort tyd deurgegaan het. Lees dit gerus later wees. Onthou: die uitdaging is nie om te sê jy’t die boek gelees nie: die uitdaging is wel om die Doelwitte te begin leef.

As julle Kleingroep op ’n besondere manier bande gesmee het, moet julle verseker beplan om in die toekoms weer byeen te kom.

As jy nog nie aangedui het om betrokke te raak by ’n Bediening en die Sending van ons Gemeente nie, kan jy gerus na al die GELEENTHEDE

Hierdie Sewe Weke Veldtog is eers ’n sukses wanneer ons kies om van nou af elke dag die skeppings- en reddings-doelwitte van die Here vir ons lewens te lééf.

Wat is die volgende tree vir jou? Verskeie aspekte is in die Veldtog aangespreek. Moontlik is nou volgende stap om die Here Jesus te volg deur jou as Sy volgeling te laat doop; of dat jy jou amptelike tot 'n Gemeentefamilie verbind deur Lidmaatskap; of dat jy jouself verbind om by 'n Kleingroep in te skakel; vir ander kan dit beteken om moeite te doen om uit te vind wat jou unieke bedieningsprofiel (of te wel: SHAPE) is hoedat jy dit binne die Liggaam van Christus kan aanwend. So, waaroor praat die Here tans met jou?

Ek stel belang in die volgende...