Getuienis Forum... Neem Deel:

Wat die Here in my lewe gedoen het tydens hierdie Sewe Weke

Dit sal vir ons ’n besondere voorreg wees om te hoor watter verskil dit in jou lewe gemaak het om God se doelwitte vir jou lewe te ontdek. As die Here jou Kleingroep, of die Geheuevers of die dagstukkies uit die Doelgerigte Lewe boek, of selfs die prediking gebruik het om ’n verskil in jou lewe te maak, sal ons dit waardeer as jy jou verhaal hier kan neerskryf en dit in die posbus by die Saal se ingang kan gooi. Jy kan dit ook by die kantoor ingee of aan ons e-pos by: admin@inkontak.org