Herleef die Afskop Dinee's...

Ons "Afskop Dinee's" op 06 & 08 Augustus 2008 het die begin van ons Sewe Weke Veldtog ingelei. Daar is lekker saamgekuier en gesmul aan spog "Sewe-Weke-Burgers" wat elkeen self kon "bou." Daarna het Rick Warren ons "live" via DVD bedien en gemotiveer om onsself vir die volgende 40 te verbind om te groei en te ontdek: Wat op aarde maak ek hier. Die funksie van 08 Aug was 'n replika van 06 Aug se geleentheid. Sodoende kon ons meer mense inpas. Dit was verseker die moeite werd. Albei aande was vol.

Foto's van albei Dinee's is hier te sien. Geniet die herinneringe:

Kleingroep Nagmaal (18 Sep 2008)

Alan & Marlene Duncan se Kleingroep het hul laaste byeenkomste van hierdie Veldtog op 'n baie besondere wyse afgesluit deur saam Nagmaal te vier en hul Gasheer & Gasvrou se voete te was.

Hulle het fotos van hierdie besondere geleentheid met ons gedeel en is in die alblum ingesluit...

Deel met hulle in hierdie unieke ervaring!

Fees Diens & Ete (21 Sep 2008)

Ons Sewe Weke van Saam Fokus het 'n besondere hoogtepunt op Sondag, 21 Sep, bereik toe ons 'n gesamentlike diens in SHS Saal gehou het. Honderde mense het dit bygewoon en ons het met verwondering hulde aan die Here Jesus gebring nadat sovele mense met ons gedeel het wat hierdie Sewe Weke vir hulle beteken het. Ds Etienne het ons herinner aan alles wat ons tydens hierdie Veldtog geleer het, visie gegee wat die toekoms aanbetref en die uitslag van die Gemeente se stemming rondom 'n nuwe naam en identiteit (Replika!), bekend gemaak. En toe volg die heerlike fees-ete en lui-lekker kuier in die Standertonse Lente-son. Dit was 'n besondere dag! Geniet die fotos!

Alle eer aan die Here vir wat tydens hierdie Sewe Weke gebeur het!