Die volgende persone verteenwoordig die Gemeente op die Leierskap as verkose vrywilliers:

B E D I E N I N G S L E I E R S

ABRAHAMS: Kontak met God (Worship)

Linda van Aswegen

Die "Abrahams" is die Span wat enige uitdaging in ons Gemeente na die Here toe bring met 'n geloofsvertrou van "kan enige iets vir die Here onmoontlik wees!" Linda verteenwoordig die verskeie Gebedsspanne op die Leierskap en verseker dat enige Uitdaging aan die Bidders deurgegee en deurgebid word!
Enige Gebedsversoeke wat aanlyn geplaas word, word ook deur Span hanteer!

BARNABASSE: Kontak met Mekaar (Fellowship)

Allen Duncan

Barnabas in Handelinge se naam was eintlik Josef, maar omdat hy soveel mense bemoedig het, is hy "ou bemoediger" of te wel: "Barnabas" in Grieks genoem. Dis presies wat hierdie span in die Gemeente doen: hulle verseker dat mense bemoedig en verhoudings gebou word.
Allen verteenwoordig hierdie span op ons Leierskap.

TIMOTEUSSE: Kontak met die Woord (Discipleship)

Deon Bekker

Die Timoteus-Span verseker dat elkeen in die Gemeente groei en toeneem in hul kontak met die Woord. Lidmate word op verskeie praktiese maniere bygestaan om ten volle te ontwikkel as groeiende Dissipels van die Here Jesus Christus. Deon is verantwoordelik om hierdie toerustings-Span te koördineer en op die Leierskap te verteenwoordig.

LEVIETE: Kontak met Bedieninge (Ministry)

Abraham Manser

Die Leviete in die Gemeente verseker, soos ten tye van die Ou Testament, dat al die praktiese apsekte van die funksionering van die Gemeente as Liggaam gekoördineer word. Hierdie span maak seker dat elkeen sy funksionele plekkie in die Liggaam vind en 'n waardevolle bydrae lewer sodat die Liggaam effektief ons roeping kan uitvoer. Abraham verteenwoordig hierdie span op die Leierskap.

ANDREASSE: Kontak met die Wêreld (Missions)

Albert Kruidenier

Toe Andreas die Messias ontdek, kon hy dit net eenvoudig nie vir homself hou nie. Hy het dadelik gegaan en sy broer, Simon (later Petrus), gaan roep om ook by Jesus se Span volgelinge te kom aansluit. Dis presies wat die Andreas-Span in ons Gemeente doen: hulle is strategies om mense te vertel van die nuwe soort lewe wat Jesus bied en hulle dan uit te daag om Hom voluit te volg.
Albert verteenwoordig hierdie Span op die Leierskap.

Kleingroepe

James Pretorius

Die Nuwe Testamentiese Kerk het weekliks op die eerste dag van die week as skare Volgers van Jesus by die Tempel bymekaar gekom vir die feestelike viering van Sy opstanding. Maar deur die week het hulle ook in klein groepe in huise bymekaar gekom waar onderlinge versorging, ondersteuning en persoonlike ontwikkeling beleef is. Dis wat ons steeds in ons Kleingroepe in die Gemeente ervaar. James verteenwoordig hierdie bediening op ons Leierskap.